Chris van der Westhuizen

Gedigte en Gedagtes

Besoekers - Totaal: 324097

Once a broken vase was I

Once there was an ordinary vase,
with one bright silver lining.
Although it had a tough, strong base,
rough handling caused a chip away.

Though everyone could see the fault,
it wasn’t special enough to care about.
It was left aside on its own support,
expected one day to fall.

Then one dreadful, haunting day at the store,
the wind blasted through the door.
This caused a shivering ripple effect,
with vibrations galore.
This caused the empty vase to fall,
and shatter on the floor.

Swept into a corner by the door,
with dust it lay, all valueless -
in pieces badly broken.
Its fate was sealed; it had to go,
to be dumped with other trash -
the verdict harshly spoken.

Although its fate was sealed by man,
the vase held hope, extremely strong.
It tried to reflect the only ray of light,
through a shard of silver lining.

The vase tried to shine just once more.

It desperately sought an eye,
to catch one last hopeful glance,
for whatever worth that might hold.
Maybe to be seen - even beyond this dimension.

Then came along one gracious man,
with compassion in his heart.
He saw beyond the broken pieces,
and what lay beneath the dust.
He gently gathered all the shards -
to him, no ordinary broken clay.

With breath, he cleansed each piece,
and began a gentle reconstruction.
The man had many faithful friends,
who helped assemble every part.
Piece by piece they formed a mold,
the cracks were filled and sealed with gold.

Now the vase’s base is steady and strong,
its body shining bright and fair.
The golden cracks complement
the flowering plant with care.
“Wow! Look at that vase!” someone cried aloud,
“See that beautiful golden lining!”
The owner of the vase must surely be proud
of this magnificent shining masterpiece.

Proudly smiled the vase indeed,
for it knew its mender well.
Who could ever guess it to be
Our Lord and Savior, Jesus Christ!

Remember, Jesus is God’s begotten Son,
who died for us upon the Cross,
so that our souls would never perish.
He has risen from the dead!

For God so loved the world,
He gave His only Son,
so that everyone who believes in Him
will not perish, but have eternal life.

Once a broken vase was I,
shattered on the floor -
but now I’m smiling with my God - 
I have a graceful golden lining!

                              Chris M. v/d Westhuizen '2022

 

Eens was ek ’n gebroke vaas

Eens was daar ’n gewone vaas,
met een helder silwer streep.
Al het hy ’n sterk, stewige basis gehad,
het rowe hantering ’n stukkie laat breek.

Almal kon die fout raaksien,
maar niemand het regtig omgegee.
Hy’s eenkant geskuif, vergete,
asof sy val lank reeds voorspel was.

Toe, op ’n vreesaanjaende dag in die winkel,
het ’n windvlaag deur die deur gewaai.
Dit het die rakke laat ruk en bewe,
met vibrasies wat wild kom draai.
Die leë vaas het toe geval,
en in skerwe op die vloer gespat.

In ’n hoek by die deur weggevee,
het hy saam met stof daar bly lê -
niks werd, gebreek en verlate.
Sy lot was duidelik en klaar bepaal:
“Gooi hom weg - hy’s niks werd nie!”
’n Oordeel hard, sonder genade of verhaal.

Al het mense sy einde verklaar,
het hoop steeds in hom gebrand.
Hy’t probeer om lig te weerkaats
deur ’n silwer skerf se blink rand.

Die vaas het probeer om nog net een keer meer te skyn.

Hy’t gesoek na ’n kyk - het probeer aandag trek -
miskien sou dit sy lot omkeer.
Vir wat ook al daardie moeite werd mag wees,
deur iemand... of dalk van ’n ander sfeer.

Toe kom daar ’n man vol genade,
met deernis en sagtheid in sy hart.
Hy kyk verby die stof en stukke,
en sien iets kosbaars in elke part.
Hy tel die skerwe saggies op -
vir hom was dit nie net gebreekte klei.

Met sy asem blaas hy elke stuk weer skoon,
en begin die vaas versigtig herstel.
Sy vriende - getrou en opreg -
help hom saam, om stuk vir stuk te heel.
Hulle vorm die vaas met sorg en moed,
en vul die krake met gloeiende goud - so goed.

Nou staan die vaas met trots en krag,
sy liggaam blink, sy vorm vol prag.
Die goue krake bring kleur en lig
aan die blomplant binne - ’n heerlike gesig!
“Kyk net daardie vaas!” roep iemand uit,
“Daardie goue strepe is uitsonderlik mooi!”
Die eienaar moet sekerlik baie trots wees
op hierdie indrukwekkende meesterstuk.

Met trots glimlag die vaas so breed,
want hy ken sy Heelmaker goed.
Wie sou kon raai dat dit
ons Here en Verlosser, Jesus Christus, is?

Onthou: Jesus is God se eniggebore Seun,
wat aan die kruis vir ons gesterf het -
sodat ons siele nie verlore gaan nie,
want Hy het opgestaan - Hy leef, Hy red!

Want God het die wêreld so liefgehad,
dat Hy sy enigste Seun gegee het -
sodat elkeen wat in Hom glo
nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe het.

Eens was ek ’n gebroke vaas,
stukkend en alleen op die vloer -
maar nou glimlag ek saam met my Here -
ek het ’n goue streep van Sy genade en glorie!

                              Chris M. v/d Westhuizen '2022 (Vertaal vanaf Engels)

 

No thoughts on “Once a broken vase was I”

Lys van Gedigte