Besoekers - Totaal: 324097
Die tyd stap aan...
Baie geluk met jou verjaardag!
Die jare tussen 20 en 30 is ’n warboel
van probeer aanvaarbaar wees vir ander,
en tussendeur verloor jy jouself.
Dis ’n gejaag na materiële dinge,
pret en plesier, wat eintlik maar
’n mors van kosbare tyd is.
Na dertig raak die lewe rustiger,
vind jy jouself...
Vergeet jy tot ’n mate van aardse dinge
en konsentreer op dit wat belangrik is...
Die dag toe ek twintig geword het,
het ek al besef wat ek hierbo vertel.
Maar vandag, na dertig jaar van bestaan,
dring dit eers werklik tot my deur...
As ’n déjà vu gereeld voor my flits,
van soveel gebeurtenisse in die verlede...
As ek by ’n spitbraai op my stoel sit
en na die spelende gesiggies kyk...
en ek skielik my kleintydmaatjies
in hulle jong ogies gewaar...
As die Gratis Lekkergoed-oomie,
waar ek en Pa gaan inkopies doen het,
vervang is deur ’n geld-ingooi-masjien...
En die biblioteektannie,
waar ek en Ma altyd gaan boeke kies het,
haar frons nog net op ’n foto daar wys...
En Mamma,
wie ek dalk eenkeer ’n jaar sien,
se glimlag plooitjies baie meer wys...
en regtig begin oud lyk...
En Pappa,
met sy trotse voorkoms
nog net in foto’s gesien kan word...
DAN is dit wanneer ek besef wat die lewe werd is,
en ek huil...
en ek begin wonder waarheen ek oppad is,
en ek uiteindelik iets daaraan wil begin doen.
Chris M. v/d Westhuizen '2005
Time Keeps Moving...
Happy birthday to you!
The years between twenty and thirty are a jumble
of trying to be acceptable to others,
and in between, you lose yourself.
It’s a chase for material things,
fun and pleasure, which in truth
are just a waste of precious time.
After thirty, life grows quieter,
you find yourself...
You forget, to some degree, earthly things
and focus on what truly matters...
The day I turned twenty,
I already realized what I’m telling you now.
But today, after thirty years of living,
it truly sinks in...
As déjà vu often flashes before me,
of so many events in the past...
When I sit at a spitbraai on my chair
and watch the playing faces...
and suddenly recognize my childhood friends
in their young eyes...
When the “Free Candy Uncle,”
where Dad and I used to go shopping,
has been replaced by a coin-operated machine...
And the library lady,
where Mom and I always chose books,
her frown still shows only in a photo there...
And Mom,
whom I see perhaps once a year,
her smile showing many more wrinkles...
and really starting to look old...
And Dad,
with his proud appearance,
now only seen in photos...
THAT is when I realize what life is worth,
and I cry...
and I begin to wonder where I’m headed,
and I finally want to do something about it.
Chris M. v/d Westhuizen '2005 (Translated from Afrikaans)
No thoughts on “Die tyd stap aan...”
Lys van Gedigte
-
1987 (Graad 6)
-
1992 (Graad 11)
-
1993 (Graad 12)
-
1994 (1ste Jaar)
-
1995 (2de Jaar)
-
1996 (3de Jaar)
- Little Lovebird
- Kaartnag
- Verkeerde Tyd
- 'n Druppeltjie Skinder
- Afhanklikheid
- Ons verhouding
- Waar's Klaas?
- Ek verlang...
- 'n Nietige besef
- Visvang
- Sal jy met my uitgaan?
- Getrou
- Liefling
- Fluisterkampanje
- 'n Harde tyd
- Pannekoek tydens reën
- Al gewonder?
- Aan my meisie
- Drome van Pyn
- Drome van Werklikheid
- Kry jou ry
- Jonas kan ook bid
- 'n Verlore saak
- Gekniehalterde Emosies
-
1997 (4de Jaar)
- Viola
- Sincere Love
- My Wish for Destiny
- 'n Skietgebedjie
- Jy
- My lewensmaat
- Ek het jou lief!
- Myle vir jou
- Sandput
- My Lewe
- Romeo en Juliet
- Versoeking
- So alleen
- Daai dag, my lief...
- Ons besef wat ons het
- Maalgat
- My Sonnetjie
- Slaap sag
- Waansinnig
- Ons is een
- Oievaar kaskenade
- My liefde
- Verjaardag
- Vry
- Liefdesreuk
- Dis Lente
- God, Ek is Joune
- Bloedsweet
- Dwarrel, dwarrel my gedagtes...
- Diskreet
-
1998
-
1999 - 2001
-
2002
-
2004
-
2005
-
2007
-
2009
-
2017
-
2019
-
2022
-
2023
-
2024
-
2025
-
2026