Chris van der Westhuizen

Gedigte en Gedagtes

Besoekers - Totaal: 331647

Die Wond

Jare is verby...
Maar die gevoel in my
bly maar ’n ou pitsweer.

Gedagtes streel so liggies oor die roof -
’n tydelike pynverligter, ’n afleier.

Versigtig!
Ek wil nou nie
ou wonde oopkrap nie!

Maar dis nie ’n wond
wat al ooit genees het nie.
Nee, dis nog altyd maar ontsteek.

Elke dag nog ’n bietjie
inflammatories,
besmet met seer gedagtes -
histories van aard.

                              Chris M. v/d Westhuizen '2004

Nota: Die volgende gedig, "Die Salf", bied die oplossing.

 

The Wound

Years have passed...
But the feeling inside me
remains an old abscess.

Thoughts gently stroke across the scab -
a temporary pain reliever, a distraction.

Careful!
I don’t want to
reopen old wounds!

But it’s not a wound
that ever truly healed.
No - it’s always been inflamed.

Each day, just a little more
inflammatory,
infected by aching thoughts -
historic in nature.

                              Chris M. v/d Westhuizen '2004 (Translated from Afrikaans)

Note: The following poem, "The Ointment," offers the solution.

No thoughts on “Die Wond”

Lys van Gedigte