Chris van der Westhuizen

Gedigte en Gedagtes

Besoekers - Totaal: 324187

Liewe Jesus

Ek as groot man het geen krag,
het geen oorwinningsmag
sonder U genade nie.

Ek wat dink ek weet alles,
weet in werklikheid maar niks...
net ’n druppel in die stormreën.

Ek wat elke dag so selfversekerd
opstaan asof niemand my kan knak,
bly tog op my knieë in aanbidding sak.

U wat my vyande verbruisel,
my werk soos ’n speletjie laat voel...
op U vertrou ek volkome, Liewe Jesus.

U wat my behoeftes ken...
U gee aan my in oorvloed,
nog voor ek kon dink om te vra.

’n Pragtige vrou het in my
’n belangstelling gevind,
en is met my in die eg verbind.

’n Mooi kind het U aan ons gegee;
’n blonde, blouoog meisiekind
het rus in ons arms gevind.

’n Huis, gesondheid en klere,
en uit die kombuis, lekker geure -
my beker loop behoorlik oor.

Talente waarmee ek kan woeker
om te kan sorg vir vrou en kind...
Liewe Jesus, U is my goedgesind.

U is my rots en steunpilaar.
U genade ken geen einde nie.
Dankie vir U onmeetbare liefde.

Nederig en dankbaar sal ek bly -
tot in ewigheid...
Amen.

                              Chris M. v/d Westhuizen '2005

 

Dear Jesus

I, though a grown man, have no might,
no power to conquer
without Your grace.

I, who think I know it all,
in truth know nothing -
just a drop in the stormy rain.

I, who rise each day so self-assured,
as if no one could break me…
still fall to my knees in worship.

You, who crush my enemies,
who make my work feel like child’s play -
in You I place my full trust, dear Jesus.

You, who know my every need…
You give in abundance
even before I think to ask.

A beautiful woman
saw something in me
and was joined to me in sacred vow.

A lovely child You gave to us -
a blonde, blue-eyed daughter
who found peace in our arms.

A home, good health, and clothes,
and from the kitchen, delightful aromas -
my cup truly overflows.

Talents You gave me to grow
so I can provide for wife and child.
Dear Jesus, You are kind to me.

You are my rock and pillar of strength.
Your grace knows no end.
Thank You for Your immeasurable love.

Humbly and gratefully I will remain -
for all eternity...
Amen.

                              Chris M. v/d Westhuizen '2005 (Translated from Afrikaans)

No thoughts on “Liewe Jesus”

Lys van Gedigte