Besoekers - Totaal: 86041
Ons twee
Hoor hoe die sagte reën
eentonig van die geut afdrup.
Nee, hoor dit nie, maar
voel dit in jou ore.
Nie ver daar vandaan
kom 'n vinniger, sagter drup
drup-drup deur.
Die dubbeltone maak musiek.
Die vinniger druppeltjie
gee die pas aan.
Die swaar harde druppel
se klok wil-wil gaan staan.
Eentonig sou dit wees as
net een druppelstraal sou bloei,
sonder 'n maat langs hom
wat 'n reënboog sproei.
Saam is hulle musiek,
al is hulle hoe verskillend.
Hoor die wysie wat hulle
tog aan mekaar bind.
Chris M. v/d Westhuizen '2002
Kategorie: 2002
Lys van Gedigte
-
1987 (Graad 6)
-
1992 (Graad 11)
-
1993 (Graad 12)
-
1994 (1ste Jaar)
-
1995 (2de Jaar)
-
1996 (3de Jaar)
- Little Lovebird
- Kaartnag
- Verkeerde Tyd
- 'n Druppeltjie Skinder
- Afhanklikheid
- Ons verhouding
- Waar's Klaas?
- Ek verlang...
- 'n Nietige besef
- Visvang
- Sal jy met my uitgaan?
- Getrou
- Liefling
- Fluisterkampanje
- 'n Harde tyd
- Pannekoek tydens reën
- Al gewonder?
- Aan my meisie
- Drome van Pyn
- Drome van Werklikheid
- Kry jou ry
- Jonas kan ook bid
- 'n Verlore saak
- Gekniehalterde emosies
-
1997 (4de Jaar)
- Viola
- Sincere Love
- My wish for destiny
- 'n Skietgebedjie
- Jy
- My lewensmaat
- Ek het jou lief!
- Myle vir jou
- Sandput
- My Lewe
- Romeo en Juliet
- Versoekking
- So alleen
- Daai dag, my lief...
- Ons besef wat ons het
- Maalgat
- My Sonnetjie
- Slaap sag
- Waansinnig
- Ons is een
- Oievaar kaskenade
- My liefde
- Verjaardag
- Vry
- Liefdesreuk
- Dis Lente
- God ek's Joune
- Bloedsweet
- Dwarrel, dwarrel my gedagtes...
- Diskreet
-
1998
-
1999 - 2001
-
2002
-
2004
-
2005
-
2007
-
2009
-
2017
-
2019