Chris van der Westhuizen

Gedigte en Gedagtes

Besoekers - Totaal: 324097

Jy

Jy is vir my ’n reënboog
op ’n sonnige reëndagmôre.
Jou liggaam soos ’n eiland,
’n onontdekte wildekus.

Jou oë - die sonopkoms
oor ou Suidwes se vlakte.
Jou trane soos die dou
wat afloop van ’n varing.

Jou glimlag soos branders
wat saggies breek teen rotse.
Jou stem - ’n panfluitwysie
wat fluisterend my ore streel.

Jou asem wat ek inasem,
die geur van rype appelkoos.
Jou soene soos die hap
aan ’n sappige kiewievrug.

Jou gees weerspieël al bogenoemde,
’n simfonie wat my siel betower,
’n volmaakte meisie sonder foute.
Jy het my hart verower.

                              Chris M. v/d Westhuizen '1997 (4de Jaar)

 

You

You are to me a rainbow
On a sunny, rain-washed day.
Your body, like an island - 
A wild, untamed bay.

Your eyes - the sunrise glowing
Over South West’s open plains.
Your tears, like morning dew,
That runs from a fern’s soft veins.

Your smile, as soft as breakers
That kiss the rugged shore.
Your voice, a panflute melody
That stirs me to the core.

Your breath - a scent I treasure,
Like ripe apricots drifting near.
Your kisses, like the first sweet bite
Of a juicy kiwi pear.

Your spirit holds all these wonders,
A symphony that captures me.
A flawless girl in every way - 
You’ve claimed my heart completely.

                              Chris M. v/d Westhuizen '1997 (4th Year - Translated from Afrikaans)

No thoughts on “Jy”

Lys van Gedigte