Chris van der Westhuizen

Gedigte en Gedagtes

Besoekers - Totaal: 324188

My Wish for Destiny

I don’t know why, but
There are tears in my eyes.
I don’t know why, but
We have to say goodbye.

So far you’re going to be,
But still so close to me -
Closer than dust on the ground,
Yes, right here in my heart.

Not quite my heart in flesh,
But my heart of understanding;
My memories, feelings, and emotion -
All for you, in full devotion.

I already long for you, and
There’s not a thing I can do
But wish for the time
That will unite us in truth.

For the time will come
When distance is no longer -
That is my wish for destiny,
The day you unite with me.

                              Chris M. v/d Westhuizen '1997 (4th Year)

 

My Wens vir Ons Eindbestemming

Ek weet nie hoekom nie,
Maar my oë stort 'n traan.
Ek weet nie hoekom nie,
Maar ons moet groet en gaan.

Jy gaan so ver van my wees,
Tog bly jy vir my so naby -
Nader as stof op die grond,
Hier in my hart bly jy.

Nie net my hart van vlees nie,
Maar ook my hart van verstand -
Vol herinneringe, gevoel en emosie,
Alles vir jou, met liefde wat innig brand.

Ek verlang nou reeds na jou,
En ek kan niks daaraan doen -
Behalwe om te wens vir die dag
Wat ons weer in waarheid sal soen.

Daardie dag sal kom,
Wanneer afstand nie meer bestaan -
Dis my wens vir ons eindbestemming:
Die dag wanneer jy vir ewig in my arms staan.

                              Chris M. v/d Westhuizen '1997 (4de Jaar - Vertaal vanaf Engels)

No thoughts on “My Wish for Destiny”

Lys van Gedigte