Just like a Hyena
With your mouth,
You are a bone-crusher for sure -
Leaving nothing sacred.
Today, you barked up the wrong tree,
Spreading constant rumours about me.
You have no facts at all,
Making that improper, unjust call.
You try so hard to bring others down,
By gossiping one into a shady light.
Just hope that one day,
It does not come back and bite!
But let’s look at some facts about you -
Facts that are actually true.
You are the unrespectable scavenger queen.
When even your friend has a wound and is ill,
You will tear open that flesh and kill…
You are even prepared to eat your own young.
You can never be trusted - not even by your friends!
Now let’s try to describe your mind by example:
Your body odor and secretions are disgustingly stunk,
Bearable only by those who are like you.
No wonder you are nearly extinct -
Your time on earth is certainly, and hopefully, due.
No one will miss that gossip in whoops, grunts,
Groans, lows, giggles, yells, growls, and whines,
And hysterical human laughter.
Oh, not even your so-called, alike, friends.
Maybe you have a major self-worth issue,
By constantly opening others’ wounds -
Just to feel better about your own mentioned flaws,
Yearning to be worthy of others’ acceptance.
But did you not know that the Bible says…
“Whoever covers an offence seeks love,
But he who repeats a matter separates close friends.”
Despite having a reputation for being cowardly…
If you only knew your heart can still change…
You still can become a respectable Lion.
Chris M. v/d Westhuizen '2022
Soos ’n Hiëna
Met jou mond,
is jy verseker ’n beenkraker.
Jy laat niks heilig bly nie.
Vandag het jy teen die verkeerde boom gepie,
deur weereens te skinder oor my.
Jy het geen feite nie, maar maak steeds
daardie verkeerde, onregverdige uitlating.
Jy probeer só hard om ander af te breek,
deur iemand in ’n slegte lig te beskinder.
Hoop net dat dit nie eendag
terugkom om jou te byt nie!
Maar kom ons kyk na ’n paar feite oor jou –
feite wat eintlik die waarheid is.
Jy is die oneerbare aasvoëlkoningin.
Selfs as jou vriend seer het en siek lê,
sal jy sy wonde kom oopskeur en moor…
Jy is selfs bereid om jou eie kinders te eet.
Jy kan nie vertrou word nie - nie eers deur jou vriende nie!
Nou probeer ek jou gedagtes met ’n voorbeeld beskryf:
Jou liggaamsreuk en afskeidings is walglik stink,
verdraagsaam net vir die wat soos jy is.
Geen wonder jy’s amper uitgewis nie -
jou tyd op aarde is sekerlik (en hopelik) verby.
Niemand gaan jou skinderklanke in daai gegil, geknor,
gegrom, gegiggel, gejammer, gebrom en gekla -
en daardie histeriese menslike gelag - mis nie.
Selfs nie jou sogenaamde, soortgelyke vriende nie.
Miskien het jy ’n groot selfbeeldprobleem,
deur voortdurend ’n ander se seer oop te krap,
net om beter te voel oor jou eie foute,
smekend vir ander se aanvaarding.
Maar weet jy nie die Bybel sê…
“Wie ’n oortreding bedek, soek liefde;
maar hy wat ’n saak weer ophaal, skei vriende van mekaar.”
Al het jy ’n reputasie as ’n lafaard…
As jy net geweet het jou hart kán verander…
Jy kán nog steeds ’n respekvolle leeu word.
Chris M. v/d Westhuizen '2022 (Vertaal vanaf Engels)