Chris van der Westhuizen

Gedigte en Gedagtes

Besoekers - Totaal: 79826

Jou Pand

Aan my hand is jou pand;
‘n Belofte aan jou
wat ek vir ewig sal hou.

Deur ons mooi land
van hoek tot kant,
is daar geen ander vrou.

Geen sent of rand
sal ons verbrand,
beter dae kom dalk gou.

Neem nou my hand
en vind ‘n hegter band,
God help ons vertrou.

Want...

Aan my hand is jou pand;
‘n Belofte aan jou
wat ek vir ewig sal hou.

                              Chris M. v/d Westhuizen '2005

Lys van Gedigte