Chris van der Westhuizen

Gedigte en Gedagtes

Besoekers - Totaal: 79826

Hartepad

As die pad na ‘n vrou se hart
ook maar net soos ‘n man sin,
deur sy mond was:

Dan kon ek jammer sê
met 'n koppie warm tee,
met heuning geur
jou dag weer kleur;

Dan kon ek olywe gee –
die soort waarvan jy so baie hou...
En alles sal dan sommer weer
net 'Reg' wees;

Maar ek besef...

Ek weet dis nie die geval.
Ek weet ek sal moet beter doen as dit.
Ek sal moet wys ek verstaan...
Jou gevoellens ook in ag neem...

                              Chris M. v/d Westhuizen '2004

Lys van Gedigte